Dr Buchner glo sterk in voorkomende medisyne en poog om toestande te identifiseer voordat hulle te voorskyn kom. Sy doen dit deur ‘n deeglike algemene ondersoek van haar pasiënte.

Wat kan ek tydens ‘n algemene/roetine ondersoek verwag?

  • Bloeddruk- en polsslagmeting
  • Kardiale-, respiratoriese- en abdominale ondersoek
  • EKG (elektrokardiografie) – die meet van die hart se elektriese aktiwiteit oor ‘n tydperk
  • Stre-EKG (‘n oefenfiets word gebruik)
  • Bors ondersoek
  • Prostaat ondersoek (mans bo 40)
  • ONK (oor, neus en keel) ondersoek

Afhangend van die spesifieke pasiënt en omstandighede, mag addisionele roetine ondersoeke, bv. 24-uur bloeddruk monitering en/of ‘n longfunksie toets ook aangevra word.