Dr Mariette Buchner is ‘n internis in Durbanville. Sy is ‘n boorling van Franschhoek en het aan die Hoërskool Franschhoek in dié Bolandse dorp matrikuleer.

Dr Buchner het haar MBChB aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, waarna sy haar huisdokter- en gemeenskapsjaar in Kimberley voltooi het. Dit is ook daar waar sy as Mediese Beampte in interne geneeskunde aangestel is.

Hierdie ervaring het haar aangespoor om verder te studeer en sy het vervolgens haar MMed (Int) ook by Stellenbosch in 2014 voltooi. Sy het later daardie jaar ‘n privaat praktyk gestig.

Dr Buchner stel veral belang in:

  • geriatrie (haar ouma, na wie sy vernoem is, het ‘n groot rol in haar lewe gespeel)
  • nefrologie
  • diabetes mellitus